Oor OnsPlekkie
OnsPlekkie het by ons eie familieplek begin.
Soos die meeste families wat 'n plek deel, het ons dit op 'n WhatsApp-groep en 'n spreadsheet op iemand se laptop bestuur. Dit het meestal gewerk — totdat twee neefs dieselfde naweek bespreek het, of niemand kon onthou wie nog vir die gas skuld nie.
Ek is Frans Oosthuizen. Ek het meer as twintig jaar in ingenieurswese en tegniese dienste deurgebring, en bestuur nou BDF Partners, 'n klein besigheidsontwikkelingskonsultasie in Johannesburg.
Ek het OnsPlekkie gebou omdat ek wou hê ons plek bly 'n plesier eerder as 'n argument. 'n Huis wat al jare in die familie is, verdien beter as 'n spreadsheet wat niemand anders kan lees nie.
Dis steeds net ek wat daaraan bou, en daarom bly dit eenvoudig.
