OnsPlekkie
OnsPlekkie

Ons vergemaklik die deel van jou familie plekkie.

OnsPlekkie help families om 'n familieplek, soos bv 'n strandhuis of plaas wegbreek, saam te bestuur - duidelik, maklik en deursigtig.

Skep jou plek, stel die kamers op, voeg die huisreëls by en nooi die familie. Almal sien dieselfde kalender: wie kom wanneer, watter kamers gebruik word, wat beskikbaar is, en wat elke verblyf kos.

Indien die plek ook op platforms soos Airbnb, Booking.com of LekkeSlaap verhuur word, kan OnsPlekkie help om beskikbaarheid met kalender-skakels dop te hou, sodat familieverblyf en betaalde besprekings nie deurmekaar raak nie.

Gebou vir families wat 'n geliefde plek wil deel, duidelik, regverdig en sonder onnodige admin.

Het jou familie jou genooi? Meld hier aan

Só werk dit

1

Skep jou plek

Voeg die huis, kothuis of woonstel by. Stel kamers, beddens, slaapkapasiteit en huisreëls op.

2

Nooi die familie

Gee familielede toegang sodat almal dieselfde kalender, beskikbaarheid en reëls kan sien.

3

Bestuur verblyf en kostes

Teken familieverblyf aan, hou kamers en datums dop, en bereken die koste per verblyf sonder ongemaklike heen-en-weer boodskappe.

4

Hou eksterne besprekings dop

Gebruik kalender-skakels om beskikbaarheid met platforms soos Airbnb, Booking.com en LekkeSlaap te help belyn.

Voorbeeld

Só lyk dit vir die familie

Een kalender vir almal: wie kom, watter kamers gevat is en wat nog oop is. Tik op 'n dag om te sien wie daar is.

November 2026
M
D
W
D
V
S
S
Desember 2026
M
D
W
D
V
S
S
Januarie 2027
M
D
W
D
V
S
S
Beskikbaar Sommige kamers bespreek Kapasiteit vol Heeltemal vol Gehou vir familie Ekstern bespreek (Booking.com / Airbnb)
Annelie se gesinBevestigBetaal
7 Nov. 2026 → 11 Nov. 2026 · 4 nagte · 2 kamers
R1 920
Familie
Oupa en Ouma se 70steBevestigOnbetaal
14 Nov. 2026 → 18 Nov. 2026 · 4 nagte · 4 kamers
R4 800
Familie
Ruan en KateHangendeOnbetaal
22 Nov. 2026 → 25 Nov. 2026 · 3 nagte · 1 kamer
R1 440
Familie
Booking.comIngevoer
28 Nov. 2026 → 1 Des. 2026 · 3 nagte
Onbeskikbaar
SkoolvakansieGehou vir familie
9 Des. 2026 → 19 Des. 2026 · 10 nagte

Die besprekings is uitgedink, net sodat jy kan sien hoe dit werk.

Alles wat gewoonlik deurmekaar raak, op een plek.

  • Gedeelde kalender vir familieverblyf en beskikbaarheid.
  • Kamers, beddens en slaapkapasiteit wat duidelik uiteengesit is.
  • Privaat kamers of vleuels wat net met toestemming bespreek kan word.
  • Kosteberekening per verblyf, sodat almal weet wat hulle moet bydra.
  • Huisreëls, notas en belangrike inligting vir die plek.
  • Kalender-skakels vir beskikbaarheid met platforms soos Airbnb, Booking.com en LekkeSlaap.

Het julle die plek saam geërf? Maak elke eienaar 'n admin. Julle sien almal elke bespreking, en elkeen kry 'n e-pos wanneer 'n ander een bespreek.

Kry julle familieplek opgestel

Skep jou rekening, voeg die plek by en nooi die familie. Binne 'n paar minute kan almal van dieselfde kalender en reëls af werk.

Jou familie bespreek gratis. 'n Plek kos een fooi per jaar (R465), en enige van sy admins kan dit betaal. Geen kommissie en geen per-besprekingskoste nie.